The Beatles

The Beatles
Beatles (1964)
Agtergrondinligting
OorsprongLiverpool, Engeland (VK)
GenresPop
Jare aktief1960 tot 1970
EtiketteEMI, Parlophone, Capitol, Odeon, Apple, Vee-Jay, Polydor, Swan, Tollie, UA
AssosiasiesThe Quarrymen, Plastic Ono Band, The Dirty Mac, Wings, Traveling Wilburys, Rory Storm and the Hurricanes, Ringo Starr and His All-Starr Band, Tony Sheridan
Webwerfwww.thebeatles.com
LedeJohn Lennon
Paul McCartney
George Harrison
Ringo Starr
Gewese ledeStuart Sutcliffe
Pete Best
Warning: Sjabloon:Inligtingskas Musikale kunstenaar met onbekende parameter "gewese_lede" (this message is shown only in preview).
Warning: Sjabloon:Inligtingskas Musikale kunstenaar met onbekende parameter "huidige_lede" (this message is shown only in preview).

The Beatles was 'n legendariese rock 'n' roll-groep wat bestaan het uit vier Britse jongelinge uit Liverpool, naamlik John Lennon, Paul McCartney, Ringo Starr en George Harrison. Hierdie groep het die wêreld se treffersparade reg deur die sestigerjare oorheers soos geen ander groep voor of na hulle ooit weer nie. Hulle was waarskynlik die invloedrykste rock 'n' roll-groep van alle tye.[1] Die 'Fab Four' het 'n populêre histerie in Brittanje begin wat deur die Britse pers as 'Beatlemania' gedoop is en wat na Amerika versprei het. Dit het die Amerikaanse mark oopgestel vir 'n Britse inval van groepe soos die Dave Clark Five, die Rolling Stones en die Kinks.

Met hulle bossiekophaarstyle, kraaglose Pierre Cardin-pakke, speelse geestigheid, lewendige persoonlikhede en genotsugtige houdings teenoor die lewe, het hulle die beliggaming van die sestigerjare se styl geword. Hulle nalantenskap het 'n onmeetbare invloed op hedendaagse popmusiek gehad aangesien hulle die klank van klassieke Amerikaanse rockmusiek in 'n onbeperkte verskeidenheid harmonieë, strukture en klanke verander het. In 1965 het die Beatles 'n koninklike toekenning van die koningin ontvang (as lid van die orde van die Britse Ryk) en in 1988 is hulle in die Rock and Roll Hall of Fame bevestig.

Onder hulle treffers tel Love Me Do, I Want to Hold your Hand, A Hard Day’s Night, Yellow Submarine en Sergeant Pepper’s Lonely Hearts Club Band.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search